Vandat ek kan onthou maak ek al goeters. As dogtertjie was ons Karooplaas ver van die dorp en ons moes leer om onsself besig te hou. Dit was absoluut die ideale omstandighede vir kreatiewe groei.
My ma het gesorg dat ek kan hekel en naaldwerk doen. My pa het my blootgestel aan timmer en konkelwerk op die werf. Bloudraad en spykers kon alles reggemaak!
As die enigste dogter uit 4 kinders het ek ook geleer om my eie plankgeweer, draadkar, vingerbord, rolskaatse met wasmasjienwiele en nog vele meer, te maak.
Na skool het ek onderwys studeer en vir die volgende 30 jaar het ek kinders help vorm terwyl ons ons eie 2 dogters grootmaak.
Die tyd is dus nou hier waar al hierdie diep gewortelde vaardighede en belangstellings wortel kan skiet en in iets nuuts kan groei soos in Jesaja 43:19
Behalwe dat ek van mooigoed hou, glo ek ook dat ons 'n verantwoordelikheid het teenoor ons omgewing. Om hierdie rede probeer ek so veel as moontlik wegbly van plastiek produkte, maar waar ek nie anders kan nie soek ek produkte van so goeie gehalte dat dit baie lank kan hou.
'n Herhalende droom waarin ek in 'n ou verwaarloosde huis instap met so baie kamers vol geheime beteken dat ek nog altyd geweet het die Here het baie om vir my te wys en te leer, hetsy die naam Geskenke uit die Kamers van my Hart. My belangstellings is wyd en ek wil als probeer, so elke belangstelling groepeer ek in 'n "kamer" . 'n Kamer vir seepmaak, een om met hars (resin) te speel, 'n plekkie om met sement te eksperimenteer, 'n naaldwerkkamer, kerse maak, 'n kombuis om lekkergoed te maak, 'n kamer vir 'sublimation' en natuurlik ook 'n kamer om al die winskopies wat ek raakloop uit te stal. Al die kamers van my hart is vol mooi goed wat ek graag wil deel.
Ek hoop dat julle net soveel genot sal put in die proses om geskenke uit te kies as wat dit vir my is om dit te maak of te vind.
People know me as Jenny, but the name on my birth certificate is Jane Frances, named after my gran Jane Frances van Aardt (Staples). There are a few of us in the family.
I researched the name and found an interesting story. The first recorded Jane Frances was the Baroness de Chantal, born in 1572 and widowed with four young children at the age of 28. She gained a reputation as an excellent manager of estates, running both her husband's and her father-in-law's estates very successfully while also looking after the poor and destitute.
She later founded a religious community that focused on the well-being of women and children of all walks of life. Not only did she personally fed the poor, her reputation for sound management resulted in many visits by aristocratic women.
I don't know if I am related to this Jane Frances or if I just inherited the name, but I do know that I relate to her principles of sound management, honesty, kindness and diversity.